Go Back    |  Position open for:

Senior Taalspesialis: Afrikaans
Division:
Optimi Group
Closing Date:
September 30, 2021

Job Description

Is jy ’n Afrikaanse taalfoendi wat koppeltekenfoute en verkeerde kommas uitsnuffel? Steek dit jou dwars in die krop om “altwee”, “hulle, hulle” of “onmiddelik” raak te lees? Weet jy wat die verskil tussen “bymekaar” en “by mekaar” en “aanmekaar” en “aan mekaar” is? Ken jy die 2017-AWS van voor tot agter en beter as die palm van jou hand? En kan jy die fout in hierdie paragraaf opspoor? Dis ’n bonus as jy ’n agtergrond in die uitgewersbedryf het, veral ervaring met skoolhandboeke. Optimi Learning is op soek na ’n senior taalspesialis om die taalstandaard van alle Afrikaanse publikasies te handhaaf. Indien jy ’n passie vir onderwys ook het, is hierdie pos vir jou. Die vereistes vir die vereistes is honneurs- of meestersgraad in Afrikaans (vereis), ’n kwalifikasie in vertaling (aanbeveel), minstens vyf jaar gepaste ondervinding as taalversorger, uitmuntende kennis van Afrikaanse grammatika en taalgebruik, goeie algemene kennis en belangstelling in die wêreld om ons, ’n Brein wat alles bevraagteken, goeie beplannings- en tydbestuursvaardighede, Uitstekende navorsingsvaardighede, kreatiewe skryfvaardighede, die vermoë om die standaard van tekste/publikasies te evalueer en aan te pas soos nodig – beide die taalgebruik en inhoud van die teks/publikasie, kennis van die KABV-kurrikulum is voordelig. The position is based in Centurion. Please apply for this job by clicking the Apply button.

Apply Now